Om jou te help beter verstaan, gaan ek so vlugtig verduidelik wie ek is
en wat my situasies en omstandighede is.
Ek is 24-jaar oud en bly saam my Oumie,
ek is single en verkies dit so op die stadium. Ek werk as 'n Product Developer
by Top International, meer oor dit seker 'n bietjie later.
Ek is onlangs uit 'n verhouding wat my
bitter seer gemaak het, ek is maar timid en erg gescar deur die hele ding
(Jammer vir die Afrikaans en Engels gemeng, maar die is 'n intieme blog en ek
sê elkgeval 'n ding soos ek hom dink). Ek kies om single te wees want ek het
die gawe om mans in my lewe toe te laat wat nie op die regte plek in hul lewens
is nie. Ek is 'n hopeless romantic en sal vir jou enige iets doen as ek jou
lief het. Op 'n manier is ek dankbaar vir die seer, want wat doen 'n girl as 'n
outjie haar hart breek? Sy hardloop na haar pappa toe... En dis wat ek gedoen
het, na my Hemelse Pappa toe gehardloop. Daardie besluit het my lewe verander!
Die aand wat ek besluit het om die
intieme paadjie met die Here te stap, het iets wat die Dominee gesê het, my
aandag getrek. "Hierdie intieme verhouding wat jy met God bou sal jou
telkens na 'n kriesis neem, dit sal jou toets... Sal jy op Hom vertrou, na al
jou mislukte verhoudings jou trust issues gegee het? Sal jy met Hom
kommunikeer? Sal jy al jou probleme in Sy hande los?" My antwoord op al
die vrae was ja, ek sal my heel beste probeer!
Ek is huis toe daardie aand met 'n
liggie wat helder skyn. Die gevoel van vrede en kalmte was iets wat ek nog
nooit beleef het nie.
Hier volg dan al die krisiese, toetse
en wonderwerke wat my besluit tot gevolg gehad het!
Om jou te help beter verstaan, gaan ek so vlugtig verduidelik wie ek is en wat my situasies en omstandighede is.
Ek is 24-jaar oud en bly saam my Oumie, ek is single en verkies dit so op die stadium. Ek werk as 'n Product Developer by Top International, meer oor dit seker 'n bietjie later.
Ek is onlangs uit 'n verhouding wat my bitter seer gemaak het, ek is maar timid en erg gescar deur die hele ding (Jammer vir die Afrikaans en Engels gemeng, maar die is 'n intieme blog en ek sê elkgeval 'n ding soos ek hom dink). Ek kies om single te wees want ek het die gawe om mans in my lewe toe te laat wat nie op die regte plek in hul lewens is nie. Ek is 'n hopeless romantic en sal vir jou enige iets doen as ek jou lief het. Op 'n manier is ek dankbaar vir die seer, want wat doen 'n girl as 'n outjie haar hart breek? Sy hardloop na haar pappa toe... En dis wat ek gedoen het, na my Hemelse Pappa toe gehardloop. Daardie besluit het my lewe verander!
Die aand wat ek besluit het om die intieme paadjie met die Here te stap, het iets wat die Dominee gesê het, my aandag getrek. "Hierdie intieme verhouding wat jy met God bou sal jou telkens na 'n kriesis neem, dit sal jou toets... Sal jy op Hom vertrou, na al jou mislukte verhoudings jou trust issues gegee het? Sal jy met Hom kommunikeer? Sal jy al jou probleme in Sy hande los?" My antwoord op al die vrae was ja, ek sal my heel beste probeer!
Ek is huis toe daardie aand met 'n liggie wat helder skyn. Die gevoel van vrede en kalmte was iets wat ek nog nooit beleef het nie.
Hier volg dan al die krisiese, toetse en wonderwerke wat my besluit tot gevolg gehad het!
No comments:
Post a Comment