Thursday, 13 August 2015

Krisis nommer 2:

04/08/2015


Ek is in ‘n ongeluk oppad werk toe! My kar kan nie ry nie!

Tussen die rond gejaagery en oproepe met die versekering, verkeerskantore en polisie stasie kry ek net sulke skiet-gebedjies, soos ek hulle noem, deur. “Here help!”

Daardie middag toe alles rustiger is, het ek my eerste gesprek met die Here. Ek los toe alles in Sy hande. Ek belowe myself ek gaan nie verder hieroor bekommerd wees nie. Hy sal vir my sorg.

Ek gaan toe die volgende oggend met my Ouma se stuk skadonkie werk toe, maar ek weet daar sal ‘n ander uitweg moet kom want ek kan nie my ouma sonder ‘n kar los nie, en haar skadonkie gaan nie die traffic punishment vir lank kan vat nie.
Soos ek by die werk sit, kom die gedagte by my op dat ek ‘n huur-kar opsie op my versekeringspolis mag hê… Ek bel, en sowaar! Hulle kan dadelik vir my ‘n kar aflewer wat ek vir 28dae kan gebruik. Die catch is dat ek R 1250.00 moet betaal as deposito… wat ek nie het nie. Ek bel toe my pa om hom te vra of hy sal help. Soos ek die oproep maak, het ek ‘n sterk gevoel dat hy gaan nee se (so snaaks dat ek nogsteeds ongelowig sal wees na hoe die Here my die vorige dag gehelp het). My pa se antwoord, “Ja, kom haal die geld Mandi”

In 15minute is alles uitgesort, Hy het vir my wiele gereel…! Regtig! Dit was die beste gevoel ooit. So intussen bel ek nog elke dag die versekering om te hoor hoe ver die claim al is… Vandag kry ek terugvoer wat my so ontstel!

My gebed is soos volg…


My kop hardloop in ‘n duisend verkskillende rigtings. Liewe Heer bring my tog kalmte!

Ek het die hele situasie met my kar in U hande gelos, en ek moet bieg ek was glad nie bekommerd oor die feit dat die versekering gaan uit betaal of wanneer ek my kar gaan terug kry nie. Tot vanoggend toe… tot ek besef het dat die extra versekering wat ek het net my bybetaling sal dek as my kar afgeskryf is… Die foon oproep wat ek van die versekering gekry het het dinge ook nie beter gemaak nie. Hulle werk op my senuwees, vra uit oor my lisensie en dit blyk of ek nie as gereelde drywer op die polis gelys is nie, wat my bybetaling verder sal opstoot.

Sondaar, soos ek is, vat ek die hele ding op my, ek is nou so bekommerd en ek sien op die stadium nie ‘n uitweg nie. Ek het R1500.00 op my naam, vir die hele maand! Nou begin die worries, en die spartel om planne te maak, dis my sondige natuur my Heer, en ek is boonop nog ‘n “control freak” ook.

So nou begin ek weer by die begin, soos ek van die ongelukstoneel met U gesels het, tot nou. My God, ek gee die groot bekommernis wat ek het vir U. Ek los dit in U hande! Alles het sover uitgewerk presies soos wat dit moes, en U kyk nog die hele tyd mooi na my. Ek gaan nie verder hieroor worry nie, ek weet U sal werk maak daarvan en U sal my help om hierdeur te kom. Ek glo in my hart, met U hand wat die situasie beheer gaam alles fine wees. Vergewe my tog as ek soms my bekommernisse, wat ek aan U gegee het, terug vat. Dis my sondige natuur en ek sal my heel beste probeer om daaraan te werk.

Ek is fine, dis wat ek nou besef, deur die hele ding het U my beskerm, ek het nie seer gekry in die ongeluk nie, ek het ‘n huur kar om mee te ry. Ek is fine!

Ek dink my grootste blessing is die verligting wat ek voel wanneer ek my bekommernisse aan U gee. Ek kan nou weer normaal asem haal en ontspan want ek het die beste, almagtigste en enigste God aan my kant.

Ek is dankbaar vir die amazing God wat ek dien, Liewe Heer baie dankie vir die voorreg om U kind genoem te word.

Ek is nou rustig, ek gaan nou wag vir die versekering om terug te bel en glo als sal dan afghandel wees en ek sal sekerheid oor die saak he.


Amen


No comments:

Post a Comment