03/08/2015
Ek hoor my eks boyfriend en sy eks meisie is weer saam... (klink nogals
Jerry Springer as ek dit so stel haha)
Ek en my eks-boyfriend is uit, (die is my weergawe mensies, obviously
het hy ook 'n kant van die storie) want hy is nie reg vir 'n verhouding nie, of
altans dit was sy rede... Hy het met my opgebreek, op whatsapp nogals... moet
hom eendag 'n high 5 vir daardie een gee.
Anyhow, 4 weke in die pad af, toe hy nou voel die stof het so bietjie
gaan lê, maak hy dit official op Facebook. So en so is in a relationship with
so en so… ‘n Besorgde vriendin vertel my toe hiervan want ek stalk almal op
Facebook behalwe vir hom haha.
Dis soos ‘n mes deur my hart! Dit het so seer gemaak alhoewel ek geweet
het dit gaan gebeur. Ek is oor hom en regtig ek wil hom nie weer deel hê van my
lewe nie, ek is nie kwaad vir hom nie en ek het hom regtig vergewe. Maar wat so
seer gemaak het was hoe bedrieg ek gevoel het, hoe hy voorgegee het en dinge
van haar gesê het wat my maak glo het hy sal nooit weer met haar uitgaan nie,
als om agter te kom dit was ‘n act… en ‘n damn goeie een!
Toe ek voel dinge raak ernstig tussen ons, het ek vir hom gesê ek wil
nie met hom uitgaan nie want ek kon die gevaar tekens sien! Hy en sy meisie was
maar vir ‘n kort tydjie uit en sy vriende was sy alles. Hy belowe en smeek my
toe dit is nie so nie, ek is sy trou-vrou, sy sal nooit deel van sy
toekomsplanne wees nie hier te kort en daar te lank. Ek gee toe in… net vir hom
om 2 maande daarna vir my te sê ek moes my instincts vertrou het!?!?
Ek kry toe die antwoord op my vraag… wat ek letterlik hard-op vir myself
gevra het: “hoekom maak dit so seer?” Antwoord: Want ek besef toe alles wat ek
saam met hom gehad het was ‘n leuen, elke woord en elke memory! Alles was
voorgee en sy aksies na ons opgebreek het, het bewys dat sy intensies nie
goeies was met my, en ons verhouding nie.
Ek begin toe dadelik bid want hier is ons by ons eerste kriesis, ek en
Hy. …”U ken my hart en U weet wat die gevoelens is wat ek nou ervaar, Liewe
Heer help my tog, vat al my negatiewe emosies en vervang hulle met joy. Ek wil
nie so voel nie en ek wil nie kwaad wees vir hom nie, help my om hom te vergewe”
Weereens! Soos ek bid, kom daar ‘n kalmte oor my. Ek gaan sit weer by my
tafel en die res van die dag sorg Hy dat ek so besig is dat ek nie tyd het om
daaroor te dwell nie. Na werk is ek by my sussies aan, ek kry toe die kans om
weer daaroor te praat maar met dieselfde kalmte en vrede wat vroëer die dag oor
my gekom het.
Daardie aand, soos ek bid, vir al my geliefdes, bid ek vir hom ook. Hy
is vergewe! En as hy geluk by haar vind, bid ek dat die Here hulle verhouding
sal bless, ek wens vir hulle altwee net geluk en vreugde toe. Na daai gebed wou
ek myself high 5! Haha. Ek sê nooit iets, as ek dit nie uit my hart uit bedoel
nie, en die feit dat ek vir hulle bid beteken dis een ketting wat ek gelos het.
Een minder om saam te sleep en een minder situasie vir die vyand om my mee te teister.
Krisis 1, opgelos. Ek het op Hom vertrou en hy het presies gedoen wat
ek van Hom gevra het en meer! Ek is kalm en rustig en het met vrede die
situasie uitgestap. #soblessed!
No comments:
Post a Comment