Sooo… ek wou al Maandag hieroor blog maar dinge is nogals
insane hier by my. Ek is Sondag aand kerk toe en ek het verskriklik gesukkel om
‘n boodskap uit die preek te kry. Dalk omdat dit ‘n ander Dominee was, ek is
mos ‘n creature of habit, en dalk omdat hy nogals aantreklik was… OMW ek is ook
net ‘n mens.
Die preek het gegaan oor in ‘n vorm van meditasie in te gaan as jy bid aan God…
toe verloor ek die aantreklike Dominee somewhere. Toe ek my weer kry praat hy
oor beelde wat ons van God maak, die sterk soldaat wat ons beskerm, of die God
van liefde, of die God van oorvloed… something like that. Dit was nogals
frustrerend maar in elk geval, toe bring God ‘n gedagte by my op… Ons twee het
die intieme verhouding begin, maar wat van ‘n vriendskap? Onmiddelik voel ek
skuldig want vriende weet alles van mekaar, en ja God weet alles van my, maar
ek van Hom…? Ek weet die belangrikste goed maar ek besluit toe ek wil hom beter
leer ken deur sy woord.
Ek kom toe op ‘n Bybel vers af wat vir my so kosbaar is… Psalm 101:5. Ek is seker daar is baie wat met
my sal saam stem dat makliker gesê as gedaan is… Sjoe, dis maar moeilik
om iemand stil te maak as hulle skinner, ek kan maklik en ek is nie skaam om
dit te sê
nie, maar hoe doen mens dit sonder om daardie een se gevoelens seer te maak?
Dis nie wat ek wil hê nie, hoe se mens vir iemand hulle moet ophou skinder maar
jy doen dit in liefde?
Hoogmoedigheid. Ek was seker dit is net ‘n persepsie wat
ander mense van ‘n persoon maak… Daar is tog ‘n rede waarom mense reageer soos
wat hulle doen… Ek besef nou dis mense wat dink hulle is verhewe bo ander, en
ja ek verkies nie so tipe persoon in my vriende kring nie. Fixer, wat ek is,
glo ek nogsteeds ek sal hoogmoedige mense se siening kan verander deur net ‘n
voorbeel te wees van ‘n nederige jong dame.
Point being ek dink nie dis altyd maklik om die woord van
die Here te volg nie, maar dis altyd moontlik. Ek sal die vers beslis my eie
maak en dit implementer so goed as wat ek weet hoe. Aksies is vir my baie
sterker as woorde en ek sal eerder die voorbeeld wees as om iemand uit te call.
So die boodskap vandag is; maak nie saak hoe jy die Bybel se
Do’s and Don’ts implementer nie. Doen
dit soos dit vir jou gemaklik voel en vra jou Skepper om jou by te staan. Jy is
dalk die een wat beter voel deur die voorbeeld te stel, of jy is die brawe een
wat iemand kan uit call. Either which way, solank jy Hom net eer daarin.