So... die laaste paar weke voel ek nogals ver van die Here af.
Ek gesels nie meer so baie met Hom nie. Ek sit nie die effort in ons
verhouding soos ek moet, en wil nie.
So snaaks hoe die lewe en al sy gebeure mens se fokus van God af kan
haal. Ergste van als is dat die vyand mens dan so skuldig laat voel , dat jy
dan die “stilte” tussen jou en God verleng of uit stel.
Ek dink nou aan iets… God is altyd by my! So al het ek nie met Hom
gesels soos ek wil nie, en aandag aan ons verhouding gegee nie, Hy was nog
heeltyd by my. There’s actually no catching up to do! Ek kan net aangaan waar
ek opgehou het. Ek het nie nodig om skuldig te voel nie. Dinge gaan mos so met
alle verhoudings, soms gee jy nie jou alles nie. Wat dinge laat werk is wanneer
mens dit erken, en dinge reg maak.
Dis nie die eerste keer wat ek dinge so laat gaan met my God nie en gaan
ook nie die laaste keer wees nie, wat nou ‘n verskil maak van al die ander kere
is dat ek ‘n damage control plan het, en dat God my nie meer op 'n drastiese
manier op my kniëe hoef te dwing nie. Maak nie saak hoe ver die lewe jou van
God af vat nie, God is nooit verder as ‘n gebed weg nie!
My Liewe Pappa Vader,
Vergewe my tog, dat ek so stil was vir ‘n ruk, vergewe my dat ek
toegelaat het dat my besige lewe tussen ons kom.
Baie dankie vir die wete dat U my nooit verlaat het nie, hoe amazing is
die gevoel nie dat ons net kan aangaan waar ek opgehou het! Die feit dat ek
nie hoef sleg te voel dat ek ons verhouding afgeskeep het nie, stel
my gerus.
Daar sal nie een dag verby kan gaan wat ek kan sê ek het U nie nodig
nie. Ek is absoluut tot alles in staat deur U wat my krag gee. Dankie dat U
elke dag by my was maak nie saak hoe stil ek was en hoe min ek met u
gekommunikeer het nie. U is die perfekte voorbeeld van onvoorwaardelike liefde,
dankie daar voor my God!
Liewe Heer, hou die honger in my, die honger vir ons verhouding, die
honger vir U word, en die honger om tot U wil te lewe.
Amen
So… die grootste ding wat ek tot dusver geleer het is dat dit ok is om
net weer aan te gaan waar jy laat gaan het. Dis nie ideaal nie, maar dis ok,
solank mens kan sien en voel dinge is nou besig om uit te rafel en dan stop met
alles waarmee die lewe jou so besig hou en net weer bietjie nader skuif aan die
Koning.
Sjoe ek worstel met so baie dinge op die oomblik, gin wonder dis so
moeilik nie, want ek kry nie kans om dit voor God se voete te lê nie. Ek
spartel aan op my eie en sukkel voort!
Ek moet bieg ek is nogals teleurgesteld in myself, my dag moet begin met
God, en eindig met hom. Ek moet deur die dag met Hom gesels, ek MOET! EK kan
nie die verlede verander nie maar ek sal beslis seker maak dinge gaan beter van
vandag af.